HERINNERINGE VAN JOU JEUG
Wanneer die skemering van jou lewe jou binnegaan.
En herinneringe dring hulle ongevraagd aan jou op.
Ouderdom hou dan vir jou verskrikking in.
Stringe vrae en verwyte aan jou self.
En jy besef, jy het nagelaat toe jy jonk was,
Om die korrels van die kaf te skei.
En jou denke waai van die een herinnering na die ander.
Van jou jeug.
En dan gaan jy deur die emosies van hoop en wanhoop.
Jy ervaar jou denke in geloof en ongeloof.
Soms hartseer of blydskap met lag of trane.
En jy dink terug aan jou jeug en waar jy nou is.
En jy is vasgevang.
Met winternagte en bewöe gedagtes.
En soos die grys en blou winter skemering.
Is dit ook nou die tyd en kleur van jou laaste asem in hierdie lewe.


|